Wellington erfenistoer: wamakers, wynmakers en vroulike opvoeders
About the Tour
Daar mag dalk 39 plekke genaamd Wellington in die wêreld wees, maar daar is net een in Afrika! Geleë in die hartjie van die Kaapse wynland, speel Suid-Afrika steeds ‘n baie belangrike rol in die land se wynbedryf. Op hierdie staptoer sal jy meer leer van die klein dorpie se geskiedkundige gebou en die interessante, ongewone en soms eienaardige persoonlike wat die strate voor jou bewandel het.
My naam is Olivia en ek is die kurator van die Wellington museum, waar jy een van die mees omvattende versamelings in ‘n klein dorpsmuseum sal vind. Ek is hier gebore en het hier grootgeword. Ek het dus ‘n passie vir my dorp en sy mense. Volg my op hierdie toer en ek sal jou meer vertel van Wellington se geskiedenis, ‘n paar interessante stories met jou deel en ook etlike spesiale gebou uitwys.
Van die toer se hoogtepunte sluit in:
- Leer meer oor Andrew Murray, Suid-Afrika se “Vader van Opvoedkunde“
- Hoor die storie van die luiperd van die Masonic hotel
- Sien die tuiste van die onselfsugtige Hertogin van Stamford wat in slawerny gebore is
- Ontdek Afrika se beroemdste klavierfabriek Besoek die voormalige skoolgebou wat gesluit is nadat die skoolhoef by ‘n sekte aangesluit het
- Luister na die storie van Piet Retief, een van Wellington se beroemde seuns
Of dit jou eerste besoek aan die Kaapse wynland is en of jy ‘n plaaslike inwoners is wat nuuskierig is oor die dorp se fassinerende geskiedenis is, hierdie toer is ‘n genotvolle bekendstelling aan Wellington se stories uit vervloeë dae.
Laat tussen 1,5 na 2 ure toe vir die toer. Daar is talle koffiewinkels en restaurante langs die pad vir ‘n vinnige (of langer) stop.
Tour Producer
Wellington Wine and Tourism
Preview Location
Location 17
Seminariumgebou Buildings - Goodnow Saal
Die is die voormalige Hugenote seminarium. Weens veiligheidsredes word geen besoekers op die perseel toegelaat nie.
Kyk na die manjifieke dubbelve... Read More
How VoiceMap Works
Major Landmarks
-
Andrew Murray standbeeld
-
Coronation boof
-
stadsaal
-
Wellington Museum en Cummings Hall
Getting There
Route Overview
-
Start location104 Main Rd, Wellington, 7655, South Africa -
Total distance3km -
Final locationChurch St, Wellington, 7654, South Africa -
Distance back to start location140.17m
Directions to Starting Point
Begin die toer in die parkeerterrein langs die hoostraat tussen die Wellington inligtingsentrum en die Nederduits Gereformeerde Kerk. Wellington se Hoofstraat het twee toegangspunte – Piet Retiefstraat en die R44.
Tips
Places to stop along the way
Wellington Museum, Perfect Place, Victoria Park, Breytenbach Sentrum
Best time of day
In die somer, is dit verkieslik om die staptoer vroegoggend of laatmiddag te doen, wanneer dit nie so warm is nie. In die winter kan die stap dwarsdeur die dag geniet voor sononder.
Precautions
Dra gemaklike klere en wees bewus van jou besittings.
Bring ’n hoed en water saam in die somer, aangesien dit baie warm kan word. ’n Baadjie of reënjas is ’n slim idee in die winter, aangesien dit koud en nat kan raak.
Get The App