Paarl Erfenistoer: ‘n Verhaal van pêrels en wyn
About the Tour
As jy hou van interessante en eienaardige feite, versteekte hoekies en ‘n paar verrassings, dan is hierdie wandeling langs die pragtige eikelaning van Paarl se hoofstraat beslis die toer vir jou.
Benewens dat dit een van die bes-bewaarde strate in Suid-Afrika is, is dit ook die langste. Stap saam met die passievolle Paarliet en ervare toergids, Janet en sy vertel jou stories oor die dorp se eertydse inwoners en wys jou die uiteenlopende argitektoniese style langs die hoofstraat versprei.
Die toer se hoogtepunte sluit in:
- Die verhaal van ‘n invloedryke inwoner wat gereken het treine is die anti-Chris
- Die oudste Nederduits Gereformeerde kerk steeds in gebruik in Suid-Afrika
- Die plek waar ‘n sakeman se werkers die rooi tapyt moes uitrol sodat hy die hoofstraat kon oorsteek
- Die gebou waar die eerste Suid-Afrikaanse koerant gedruk is
- Een van slegs drie geboue in die Kaap met Egiptiese versiersels uit ‘n era toe die bou van die Suez-kanaal hernieude belangstelling in dinge van Egiptiese afkoms gekweek het
- ‘n Kerk wat sy eie wyn maak
Of dit jou eerste besoek aan die Paarl is en of jy ‘n plaaslike inwoner is wat meer wil weet oor die fassinerende geskiedenis, is hierdie toer van onskatbare waarde as dit kom by die dorp en sy stories uit vergange se dae.
Gee jouself so 1.5-2 ure vir die stap. Daar is verskeie koffiewinkels en restaurante onderweg waar jy vinnig kan stop of lank kan vertoef.
Tour Producer
Paarl Wine and Tourism
‘Paarl Wyn en Toerisme’ is die Destinasie Bemarkingsorganisasie van die Paarl. Ons het baie passie vir ons dorp, die dorp se erfenis, en die dorp se mense! Laai jou toer gratis af en besoek ons webwerf om uit te vind wat daar nog is om te doen, sien, eet en proe in die pêrel van die Kaapse Wynland.
Preview Location
Location 5
Het Gesticht Kerk
Paarlse grondeienaars het dit gebou as ‘n kerk, skool en vergaderplek vir slawe van die omliggende plase. Die kerk is mettertyd oorhandig aan die London Sendingvereniging en Engels het die voertaal vir eredienste en onderrig geword.
Die kerk wa... Read More
How VoiceMap Works
Major Landmarks
-
Die Suid-Afrikaanse Taalmuseum
-
Strooidakkerk
-
stadsaal
-
Protea bioskoop
-
Paarl Museum
Getting There
Route Overview
-
Start locationMain Rd, Paarl, 7620, South Africa -
Total distance4km -
Final location303 Main Rd, Bertville, Paarl, 7646, South Africa -
Distance back to start location3km
Directions to Starting Point
Begin die toer by De Hoop plaas in die hoofstraat. De Hoop plaas is op linkerhand as jy Paarl via die N1 (nasionale pad) binnekom.
Tips
Places to stop along the way
Talle koffiewinkels langs die pad. Die Taal Museum en die Paarl Museum
Best time of day
Gedurende somertye is dit beter om vroegoggend of laatmiddag te stap wanneer dit nie so warm is nie. In die winter kan jy enige tyd van die dag voor sononder stap.
Precautions
Dra gemaklike skoene en wees bedag op jou besittings. ’n Hoed is belangrik vir die baie warm somerdae en ‘n reënbaadjie vir die koue en nat winter.
Get The App